Glikolipied

Glikolipied op 'n dubbellaagmembraan

Glikolipiede is lipiede waaraan 'n koolhidraat deur 'n glikosidiese binding aangeheg is.[1] Hul rol is om die stabiliteit van die selmembraan in stand te hou, en sellulêre erkenning te fasiliteer, wat van kardinale belang in by die immuunreaksie en in die verbindings wat selle met mekaar maak om weefsels te vorm.[2] Glikolipiede kom op die oppervlak van alle eukariotiese selmembrane voor, waar hulle vanaf die fosfolipied dubbellaag in die ekstrasellulêre omgewing uitsteek.

  1. Voet, Donald; Voet, Judith; Pratt, Charlotte (2013). Fundamentals of Biochemistry Life at the Molecular Level (Fourth uitg.). Hoboken, NJ: John Wiley & Sons, Inc. ISBN 9781118129180.
  2. "Glycolipids". nature (in Engels). Nature Publishing Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2017. Besoek op 1 November 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search